vadervanliefde.com
Gepubliseer Aug 30, 2022
Bladsye 56
Downloads 269

Ander tale

English 國語 Română

Het u al ooit daaraan gedink dat God spesifieke byeenkomste in Sy woord uiteengesit het? In die Ou Testament is hierdie heilige byeenkomste moédim genoem, wat eenvoudig “Die vasgestelde tye”, of “Feeste” beteken (Levitikus 23). In die Nuwe Testament word hierdie selfde byeenkomste “Die tye van verkwikking” genoem (Hand 3:19).

In die loop van die geskiedenis het verskeie vrae oor hierdie byeenkomste ontstaan. Gedurende die dae van Jesus en Sy Apostels was die vraag “Hoe” onderhou ons dit regmatig? Gedurende die vroeë eeue n.C. was die vraag “Wanneer” neem ons dit waar? In hierdie moderne era is die vraag egter "Moet" ons dit waarneem? En aangesien ons "moet" bevraagteken, moet ons ook "hoe" en "wanneer" bevraagteken. Maar geen van die antwoorde op hierdie vrae sal saakmaak as ons nie weet “wie” ons aanbid of “waarom” nie.

“...en laat ons op mekaar ag gee om tot liefde en goeie werke aan te spoor; en laat ons ons onderlinge byeenkoms nie versuim soos sommige die gewoonte het nie, maar laat ons mekaar vermaan, en dit des te meer namate julle die dag sien nader kom.” Hebr.10:24, 25.