vadervanliefde.com

Oorspronklike Liefde

Hoofstuk 1:  Oorspronklike liefde

Tydens Jesus se bergpredikasie het Hy geraak aan ‘n paar sleutelareas waarmee die mens worstel. Een van die dinge wat Hy genoem het, is:

 Julle het gehoor dat aan die mense van die ou tyd gesê is:  Jy mag nie egbreek nie. (28) Maar Ek sê vir julle dat elkeen wat na ‘n vrou kyk om haar te begeer, reeds in sy hart met haar egbreuk gepleeg het. Matt 5:27,28:

Vir enige christenman verskaf hierdie woorde ‘n wrede realiteit wat enige eie-geregtigheid, wat hy dalk tog maar kon verdien het, vernietig. Hier praat Jesus oor die kern van ‘n man se slawerny aan sonde. Elke man met ‘n opregte hart, sal deur hierdie aankondiging na sy knieë gedryf word in sonde-besef en met ‘n diepe soeke na ‘n lewende Verlosser. Om Jesus te ken, is om te weet dat Hy nooit na ‘n vrou gekyk het met wellus in sy hart nie. Met die kennis van hierdie realiteit, is ons tog hoopvol dat ons as gevalle mense in ons harte kan terugkeer na die werklike, oorspronklike, eerste liefde.

As ons terugdink na die gebeurtenis toe Adam vir Eva die eerste keer gesien het, dink ons baie maal daaraan dat Adam haar aanskou het met ’n waardering vir haar vroulike skoonheid, dalk met ‘n wolwefluit. Ongelukkig plaas hierdie perspektief die gebeurtenis binne die konteks van ons afvalllige harte. Party mans wil nie eens denkbeelde van die tuin van Eden oproep uit vrees dat hulle korrupte natuur sal oorneem. Om die liefde te verstaan wat Adam vir Eva gevoel het, moet ons net eenvoudig ons Bybel lees.

En die Here God bou die rib wat Hy van die mens geneem het, tot ‘n vrou en bring haar na die mens. (23) Toe sê die mens:  “Dit is nou uiteindelik been van my gebeente, en vlees van my vlees.  Sy sal mannin genoem word, want sy is uit die man geneem.” Gen 2:22-23.

Let mooi op na die woorde van Adam toe hulle oë die eerste keer ontmoet:  “Dit is nou uiteindelik been van my gebeente, en vlees van my vlees.  Sy sal mannin genoem word, want sy is uit die man geneem.” Die basis van hierdie eerste liefde was nie dat Adam iemand gesien het wat vir hom beeldskoon is, en vir wie hy graag wou besit nie. Hy het iemand gesien wat haar lewe vind in homself. Hy het iemand gesien wat haar oorsprong gehad het hier reg langs sy hart, en daarom wou hy haar koester as sy eie tweede self. Paulus stel dit so:

So behoort die mans hulle eie vroue lief te hê soos hul eie liggame. Wie sy eie vrou liefhet, het homself lief; (29) want niemand het ooit sy eie vlees gehaat nie, maar hy voed en koester dit, net soos die Here die gemeente. (30) Want ons is lede van sy liggaam, van sy vlees en van sy bene.  Eff.5:28-30

Hier sien ons dat die manier waarop Adam aan Eva gesê het dat sy vlees van sy vlees is, en net so verklaar die tweede Adam aan die kerk, dat sy van Sy vlees en bene is. Hy het ons lief, nie omdat ons enigiets het om Hom te bied nie, maar omdat ons uit Hom voortgekom het. Wonderlike liefde!

As jy dan nou die storie van Genesis 2 deeglik ondersoek, sal jy sien dat Adam in die tuin geplaas is as heerser oor al die skepsels voordat die vrou uit sy rib geskape is. Toe sy uit hom voortgebring is, het hy alles wat hy gehad het ook aan haar gegee om saam met hom te heers. Weereens, het hy dit gedoen omdat hy iemand gesien het oor wie hy wou heers en wie hy wou besit? Wou hy haar koop met sy besittings? Nee, dit was nie die liefde wat Adam vir Eva in sy hart gehad het nie. Die liefde wat hy in sy hart gehad het, was God se liefde, want God is liefde. Maar watter liefde is dit?  Die Grieks vir hierdie liefde is Agape, ‘n onselfsugtige liefde, ‘n liefde wat nie afhanklik is van enige kwaliteite van die ontvanger nie. Die Griekse woord wat vandag baie maal aan liefde geheg is, is Eros, wat nooit in die Bybel onderskryf word nie. Eros is die begeerte om te besit en dit te geniet wat die sintuie waarneem – deur die oë en deur aptyt en deur sintuie. Sien voorbeelde in Rigters 14:2, 3 en II Sam 11:2.

Toe Eva by Adam aankom met die verbode vrug, het sy gekom met iets wat Adam nie van God ontvang het om vir haar te gee nie.  Hierdie vrug was iets wat Eva gehad het, maar wat Adam nie gehad het nie. Sy het by hom gekom met haar gedagtes gevul met nuwe idees, met ‘n totale nuwe manier van dink:

“Die slang het voortgegaan, op musikale toon, met subtiele ophewing van haar onbevange skoonheid, en sy woorde was aangenaam vir haar.”  (Vry vertaal uit PP p.53)

Satan het Eva aangespreek as een wat skoonheid binne haarself gehad het. Hy het haar nie aangespreek as iemand wat alles ontvang het van Adam nie. Hy het haar net aangespreek as buitewoon pragtig, and dit het haar bekoor en het gemaak dat sy van die bron van haar skoonheid vergeet het.  Die een wat na ‘n vrou kyk en haar skoonheid waarneem sodat hy iets uit haar kan verkry, is een wat deur Satan geïnspireer is. 

Daar was iets vreemds dog opwindends omtrent Eva toe sy by haar man kom met haar rebellie. Sy het ‘n nuwe gemoed gehad, ‘n nuwe opvatting van wie sy is, en haar ambisie, haar voor-op-die-wa houding, en selfvertroue het op ‘n manier ‘n aatrekkingskrag vir Adam ingehou. Dit was vreemd, dog prikkelend.  Deur die vrugte by haar te neem, het hy nie net die wet van God verontagsaam nie. Hy het ook ‘n nuwe wet vasgestel wat al sy seuns laat kyk het na die vrou om aan hulle iets te gee. Binne die hart van die man was die stempel geplaas dat die vrou die lewe-gewer is, dat sy die pad na die lewe besit. So is die aanbidding van die heilige vroulikheid begin en die simbool van die man se nuutgevonde slawerny was die beeld van die naakte vroulike vorm.  Hier is die beeld wat meeste mans dra omtrent die transaksie wat plaasgevind het in die tuin: Die man sien op na die vrou as die lewe-gewer eerder as die vrou wat opsien na die man as haar lewe-gewer. In hierdie transaksie het die man sy liefde verander van Agape na Eros. Dit het verander van ‘n liefde wat gee sonder om vir homself iets te soek, na ‘n liefde wat slegs aanklank vind by dit wat die self streel.

Die vrou is natuurlik ook in ‘n ander vorm van slawerny geplaas. Om die man te gee wat sy oë begeer, om die man na haar toe aan te trek, moet sy iets besit om hom te bied.  Die wêreld van mode en liggaamsaantreklikhede is gebore. Die vrou begeer nou om haar waardes aan die man ten toon te stel, soos gevind in haar eie bronne. Onwetend verwerp sy haar erfporsie van die man, en benader hom op haar eie voorwaardes. Die gevolg is ‘n leë ondervinding vir beide man en vrou.

Let mooi op dat die oorspronklike liefde wat Adam vir Eva gehad het, nooit gebasseer was op wat sy omgedra het in haarself nie. Dit was gebasseer daarop dat sy uit die man voortgekom het. Hy het alles wat hy gehad het aan haar gegee omdat sy uit hom voortgekom het. Dit is Agape, dit is die oorspronklike liefde.

Let op dat die enigste weg om onverdeelde Apage te verseker, is vir die ontvanger om te verseker dat hy niks in homself ronddra om die liefde wat hy ontvang, te verwek nie. As die vrou iets binne haarself rondgedra het wat nie van die man afkomstig is nie, word Eros opgewek en moet die vrou noodwendig aanhou om voort te bring wat sy nie binne haarself ronddra nie en dit bring uiteindelik doodsheid. Let op die rede wat Adam verskaf het vir sy liefde aan Eva:  Dit is nou uiteindelik been van my gebeente, en vlees van my vlees. Dit is die basis van eerste en oorspronklike liefde.

Net soos wat Adam se liefde vir Eva gebaseer was op die erfenis wat Eva van hom ontvang het, net so is die erfenis wat Christus van die Vader ontvang het, die basis van die Vader se Agape liefde vir Sy Seun. Die mens is immers gemaak na God se beeld. Die Vader stel dit omonwonde:

En daar kom ‘n stem uit die hemele wat sê: Dit is my geliefde (Apapetos) Seun in wie Ek ‘n welbehae het. Matt 3:17 

Die enigste manier hoe die Vader Agape liefde vir sy Seun kan hê is deurdat die Seun alles wat Hy besit van die Vader ontvang het. Dit is die enigste manier om welwillende liefde te verseker. As die Vader na die Seun kyk en in Hom iemand sien wat almagtig of alwetend is, is dit ’n vorm van Eros liefde. Daarenteen leer die Bybel ons dat die Vader die Seun alles geskenk het. Dit wys dat Sy liefde reine Agape is en dit is die liefde wat God deel met ons. Ons kan liefhê met Agape liefde omdat God eerste sy Seun liefgehad het met Agape liefde.

Ons het Hom lief (Agape), omdat Hy ons eerste liefgehad (Agape) het. 1Joh4:19 

As ons ’n God dien wat lief het as gevolg van inherente kwaliteite, sal ons dieselfde doen. Ons word wat ons aanskou.  Inteendeel, as ons die Seun aanbid, wat alles ontvang het van sy Vader en wie rus in die stille wete van welwillende Agape liefde, dan kan ons verander word na die beeld van hierdie liefde en kan ons liefhê soos wat God Sy Seun lief het.

Ons God is Agape en in Hom is daar hoegenaamd geen Eros nie.