vadervanliefde.com

Die Wysheid van God

Hoofstuk 1:  Onse Vader

Toe Jesus op ‘n keer genader is deur Sy dissipels, het hulle ‘n baie belangrike versoek gemaak:

Lukas 11:1 En toe Hy op ‘n sekere plek besig was om te bid, sê een van sy dissipels vir Hom nadat Hy opgehou het: Here, leer ons bid, soos Johannes ook sy dissipels geleer het.

Die antwoord wat Jesus gegee het, vertel ons die belangrikste ding wat ons omtrent God moet weet. Die daad van gebed is ‘n poging om met God te praat en te kommunikeer. Die naam wat Jesus as uitgangspunt gebruik, dui die kern van God se identiteit aan en wie Hy is. Dit is hoe Jesus vir ons gesê het om God aan te spreek wanneer ons bid.

Lukas 11:2 En Hy sê vir hulle: Wanneer julle bid, sê: Onse Vader wat in die hemele is!

Onse Vader. Afgesien van enigiets anders wat ons oor God kan oorweeg, is God eerstens ‘n Vader. Hierdie eenvoudige beskrywing vertel ons baie van God. Dit vertel ons dat God bo alle dinge ‘n verhoudingswese is. Hy wil he dat ons Hom in verhouding moet aanspreek. Die term Vader spreek nie alleen van vermoëns en krag nie, maar dit spreek in terme van Sy verhouding en verbondenheid met die heelal. Hy is die Vader of bron van alle dinge. So, watter soort Vader is God?

Toe Moses op ‘n keer met God gespreek het, het hy God gevra om aan hom Sy heerlikheid, of wat ook al mees besonders was omtrent God, te openbaar. Dit is hoe God geantwoord het:

Exodus 34:5-6 En die HERE het neergedaal in die wolk en daar by hom gestaan. En Hy het die Naam van die HERE uitgeroep. En toe die HERE by hom verbygaan, het Hy geroep: HERE, HERE, barmhartige en genadige God, lankmoedig en groot van goedertierenheid en trou;

Let op wat God aan Moses gewys het. Hy het gepraat van Sy karakter. Dit is die pragtigste ding omtrent God, Sy karakter. Hy is genadig, barmhartig, lankmoedig, oorvloedig in goedheid en waarheid. In die wêreld waarin ons leef, is hierdie eienskappe baie seldsaam, maar wanneer ons dit in ander ervaar, is die meeste van ons baie dankbaar. Die apostel Johannes het die karakter van God opgesom toe hy gesê het:

1 Johannes 4:8   Hy wat nie liefhet nie, het God nie geken nie, want God is liefde.

God is ‘n liefdevolle Vader wat baie omgee vir alles en almal in Sy skepping. So, hoe groot is Sy skepping? Die Bybel vertel ons dat Hy die Vader van die hemele en aarde is.

Efesiërs 3:14-15  Om hierdie rede buig ek my knieë voor die Vader van onse Here Jesus Christus, van wie elke geslag in die hemele en op die aarde sy naam ontvang,

Die hele heelal behoort aan ons hemelse Vader en almal in hierdie heelal is deel van Sy familie. Ons mag miskien versoek word om te dink dat daar soveel mense is, dat God nie aan almal kan dink nie en sommige vergeet word, maar luister aandagtig na wat Jesus hieroor gesê het.

Lukas 12:6-7 Word vyf mossies nie vir twee stuiwers verkoop nie? En nie een van hulle is voor God vergeet nie. Maar selfs die hare van julle hoof is almal getel. Wees dan nie bevrees nie: julle is meer werd as baie mossies.

God vergeet niemand nie. Hy weet alles van ons en is baie geïnteresseerd in ons lewens en wat ons doen en wat ons dink. Trouens, Hy hou nooit op om aan ons te dink nie.

Psalm 40:6 Groot dinge het U gedoen, HERE my God—u wonders en gedagtes vir ons; niemand kan met U vergelyk word nie. Wil ek dit verkondig en uitspreek, dan is dit te veel om te vertel.

Hy het spesiale planne vir ons en drome omtrent wat ons kan word.

Jeremia 29:11 Want Ék weet watter gedagtes Ek aangaande julle koester, spreek die HERE, gedagtes van vrede en nie van onheil nie, om julle ‘n hoopvolle toekoms te gee.

Elke goeie ding wat ons het, kom van Hom af.

Jakobus 1:17 Elke goeie gif en elke volmaakte gawe daal van bo af neer, van die Vader van die ligte, by wie daar geen verandering of skaduwee van omkering is nie.

Die wonderlikste tentoonstelling van hoe God oor ons voel, is wat Hy gesê het tydens die doop van Sy eniggebore Seun – Jesus. Dit is wat Hy gesê het:

Mattheus 3:17  En daar kom ‘n stem uit die hemele wat sê: Dit is my geliefde Seun in wie Ek ‘n welbehae het!

God het Sy Seun as ‘n mens liefgehad. Hy was baie tevrede met Hom. Die grootste wonder hieromtrent is dat ons erken dat Jesus die Seun van God is. Ons kan dieselfde aanvaarding ervaar.

Efesiërs 1:6  tot lof van die heerlikheid van sy genade waarmee Hy ons begenadig het in die Geliefde.

Ons sal later meer ondersoek instel na die rol van Jesus en waarom Hy na die aarde gekom het en waarom ons deur Hom kan en moet aangeneem word. Maar die belangrikste punt wat ons hier moet beklemtoon, is dat God ‘n liefdevolle en tedere Vader is wat vir ons omgee en belangstel in elke aspek van ons lewe.