vadervanliefde.com
Skrywer Adrian Ebens
Gepubliseer Sep 22, 2020
Laaste opdatering Sep 22, 2020
Downloads 587

Adam moes 'n besluit neem toe sy vrou die vrug na hom gebring het. Hy het sy Meester verwerp deur haar te volg en van die vrug te eet.

Wie sou nou sy bron van vertroosting word?

Eva is as hulp aan Adam gegee. Sou sy van hulp kon wees in die verskriklike verandering wat ingetree het in sy verhouding tot God? Hoe het die sondeval die huweliksverhouding beïnvloed? Watter invloed het dit gehad op die gawe van seksualiteit en die opdrag om vrugbaar te wees en te vermeerder?

Daar word vandag omrent 125 000 aborsies per dag gedoen. Dit is jaarliks tussen 40 tot 50 mijoen. Die menslike ras is tans besig om een kwart van sy menslike populasie te vermoor, net om swangerskappe te verhoed. Die drastiese toename in pornografie deur die internet en seksuele fantasieë is 'n aanduiding dat mans en vroue ontwykende vertroosting soek in seks. Die boek Romeine bied 'n duidelike beskrywing van die afwaartse neigings wat lei tot die vernietiging wanneer die menslike ras die rug keer op die ware karakter van God en plesier, vertroosting en vervulling in seks buite die oorspronklike bedoeling soek.