vadervanliefde.com
Gepubliseer Feb 18, 2021
Bladsye 36
Downloads 583

Ander tale

عربى Nederlands English bahasa Indonesia 國語 नेपाली Português

Hoe kan ons die woorde van Christus versoen met Israel se volslae vernietiging van nasies met die swaard?

Matteus 26:52 …want almal wat na die swaard gryp, sal deur die swaard omkom.

Nie net mans nie, maar ook vroue en kinders:

Deurteronomium 2:34 In daardie tyd het ons al sy stede verower en verwoes. Van hulle mans, vrouens en kinders het ons niemand laat vrykom nie.

Het die Israeliete werklik in ooreenstemming met die karakter van God opgetree? Hoekom was hulle gedurig bevrees dat God hulle in die woestyn sal doodmaak? Was die diepe slaap wat oor Abraham gekom het, enigsins verwant aan die oorlog waarin hy die swaard opgeneem het om Lot en sy familie te red?

Het die vernietiging van die Sigemiete deur Levi and Simeon enige invloed gehad op die gelofte van Israel om hul vyande totaal te vernietig?

Behoort ons te weet? As jy nie uitvind nie, mag jy dalk vind dat Christus na jou kom soos Hy Jakob benader het in sy tyd van benoudheid en sal jy Hom dan as die vyand sien. Deur slegs op die genade van God te vertrou het Jakob oorwin as die ware Israel van God.