vadervanliefde.com

Welkom op Vader van Liefde! Ons is so bly dat u hier kom besoek aflê. Op hierdie webbladsy deel ons die beste materiaal omtrent die karakter van ons genadige, liefdevolle Vader – en indien u hier lees, sal u verstaan hoekom ons ten volle oortuig is dat Hy werklik ‘n God van liefde is. Daar is baie dinge omtrent die karakter van God wat misverstaan word  – selfs onder toegewyde Christene! Satan het sy bes gedoen (met heelwat sukses) om mense te oortuig dat God deurtrek is met sy eie (Satan se) eienskappe – dié van woede, wraak en moord – eerder as die eienskappe van God self waarvan vertel word in die Bybel: liefde, geduld en goedertierenheid.

“Maar wat van al die stories in die Ou Testament waarin God opdrag gee om dood te maak en God self ook doodmaak?” vra u dalk. Ons het dieselfde vrae gevra – want ‘n God wat doodmaak kan nie vereenselwig word met die God wat deur die Here Jesus in die  Nuwe Testament openbaar word nie - hierdie kognitiewe dissonansie (oftewel die bewuste wanklank van onenigheid) is versteurend vir enigiemand wat probeer verstaan waarom God ‘n God van liefde is.

U sal op hierdie webbladsy die resultaat vind van ‘n 16 jaar lange soeke om meer te leer van God en wie Hy werklik is. Elke boek weerspieël ‘n omsigtige en diep Bybelstudie omtrent die toepaslike onderwerpe.  Ons hoop dat dit vir u net so ‘n groot seën inhou as wat dit vir ons gebring het.  Daar is soveel vryheid en vreugde in die seker wete dat God werklik ‘n God van liefde is, en dat Hy ons liefhet met ‘n diepe liefde.

Indien u ‘n nuweling op hierdie webbladsy is, laat ons asseblief toe om die volgorde waarin u dit kan lees aan te beveel:

  1. Identiteitsoorlog: In ‘n wêreld waar miljoene mense die effek voel van waardeloosheid, waar duisende vermoei word wanneer hulle die pas probeer volhou om goeie werksverrigting voor te hou sodat hulle waardevol geag kan word, en waar duisende doodeenvoudig ingee onder depressie, aangewakker deur hulle gevoel van waardeloosheid – in hierdie wêreld wil God ons die sekerheid gee dat daar Iemand is wat ons liefhet en oneindige waarde aan ons toeskryf. Hierdie boek beskryf ons “identiteitsoorlog” – vanaf die gevoel van waardeloosheid en om nooit goed genoeg te wees nie, na die die vredevolle aanvaarding van ons werklike waarde – ‘n lewensveranderende sekerheid, aan ons geskenk deur God in sy Seun.
  2. Dade van Ons Sagmoedige God:   'n Pragtige inleiding tot die studie omtrent die karakter van God.  God is nie oordonderend of gewelddadig nie.  Hy is sagmoedig en vriendelik.  Oorweeg hierdie Bybelse getuienis omtrent 'n werlike liefdevolle God.
  3. Die Wysheid van God:  In die begin het God die heelal ontwerp op ‘n  baie spesifieke wyse, sodat  Hy innigheid en intimiteit aan sy geskape kinders kan waarborg. Leer omtrent die eeue-oue wysheid van God oor hoe Hy die heelal geskape het, en waarom. 
  4. Kruis-Belewenis - Ondersoek die Kruis:  Waarom is die Kruis nodig en wie vereis dit? Wat is die invloed van die Kruis op die menslike hart en hoe bring dit redding mee? Hoe kan so 'n daad van geweld 'n lewe van vrede bring?
  5. Agape: Jesus het aan sy dissipel Filippus gesê dat die Vader in die Hemel, in sy karakter, net soos Jesus is.  Hierdie boek verklaar dat hierdie woorde van Christus korrek is in die lig van al die geweld wat in die Skrif voorkom, veral in die Ou Testament.
  6. Trooster:  Die wêred is naarstigtelik op soek na intimiteit, maar is aangetrokke tot seks, pornografie en sensualiteit om vervulling te vind, en vind die teenoorgestelde van ware intimiteit.  Wat is God se doel van seksualiteit? Hoekom is so baie mans verslaaf aan pornografie? Wie is ons ware bron van troos en hoe vind ons ware intimiteit in ons verhoudings?
  7. Die Goddelike Patroon van die Lewe:  Die verhouding tussen God die Vader en sy Seun Jesus Christus, soos beskryf in 1 Korintiërs 8:6, is die sleutel om die mees belangrike waarhede in die Bybel te verstaan. Dit is ‘n eenvoudige, maar tog diepgaande “formule” om nie net Bybelse konsepte nie, maar ook ander verhoudings, te ontsluit.