vadervanliefde.com
Laai boek af
Gepubliseer Mei 21, 2020
Geskryf Mei 21, 2020
Laaste opdatering Mei 21, 2020
Downloads 47

Ander tale

English Deutsch bahasa Indonesia

Insig in die onderwerp van die twee verbonde is ‘n integrale deel van ons insig in die evangelie en om die Skrif in die regte raamwerk te plaas. Hierdie boekie gee ‘n eenvoudige oorsig op hierdie onderwerp om die leser die mees belangrike elemente te gee om hierdie onderwerp te verstaan.

Daar is baie verwarring omtrent die onderwerp van die verbonde, as gevolg van misverstande wat baie eeue gelede binne die Christendom plaasgevind het.

Die eenvoud van die verbonde vind uitdrukking in die lewe van Abraham en dit is was Paulus verduidelik in die brief aan die Galasiërs.

Want daar is geskrywe dat Abraham twee seuns gehad het, een uit die slavin en een uit die vrye. Maar die een uit die slavin is gebore na die vlees, en die ander een uit die vrye deur die belofte. Dit is sinnebeelde, want dié vroue staan vir twee verbonde… Galasiërs 4:22-24

Mag jou reis van geloof geseënd wees terwyl jy hierdie lees…