vadervanliefde.com

Boeke

Agape

In die lewe van Christus, 2000 jaar gelede, sien ons 'n voorbeeld van onbaatsugtige liefde wat aan tallose mense vrede besorg het. Sommige van die aansprake van Christus is baie moeilik om op te los, gegewe die verskil tussen die beskrywings van God in die Bybel en die lewe van Christus, veral vir dié met ‘n diepgaande belangstelling in die Woord van God. Jesus het egter in 'n aangrypende oomblik met een van Sy volgelinge gespreek en gesê: “Hy wat My gesien het, het die Vader gesien.”

Dade van Ons Sagmoedige God

Dade van ons Sagmoedige God bring oortuigende bewys vanuit die Bybel na vore om God te onthef van die aantuigings dat Hy ongevoelig, veroordelend, beherend en onregverdig is, sy humeur verloor en gewelddadig is. Hierdie boek illustreer dat die hele Bybel, indien korrek verstaan, in harmonie is met die duidelike stelling: “God is liefde.” (1 Joh. 4:8)

Goddelike Risiko

Want so lief het God die wêreld gehad...

 

So groot was daardie liefde dat Hy Sy mees gekoesterde, kosbaarste skat, Sy eniggebore Seun, op die spel geplaas het om ons te red.

Het God vir Jesus om die Lewe Gebring

Die “Strafvervangingsteorie” is die gewildste manier om die evangelie in Christelike kringe te verduidelik. Dit verkondig dat God nie gewillig of in staat is om bloot sonde te vergewe sonder om eers 'n bevrediging daarvoor te vereis nie. (Wikipedia).

Om hierdie probleem op te los, verduidelik ’n gewilde Christelike webwerf genaamd gotquestions.org: “Jesus se offer aan die kruis neem die plek in van die straf wat ons vir ons sondes behoort te ly. As gevolg hiervan is God se geregtigheid bevredig, en diegene wat Christus aanneem kan vergewe word en met God versoen word.

’n Ander bekende teoloog, John MacArthur, voeg by: “Die realiteit van Christus se plaasvervangende dood namens ons is die hart van die evangelie volgens God … Ons moet egter onthou dat sonde nie Jesus doodgemaak het nie; God het. Die lydende dienskneg se dood was niks minder as 'n straf wat deur God toegedien is vir sondes wat ander gepleeg het. Dit is wat ons bedoel wanneer ons praat van strafregtelike plaasvervangende versoening … Hy het die geregtigheid ten volle bevredig en ons sonde vir ewig weggeneem deur die dood van sy Seun.”

En Jon Bloom van desiringgod.org skryf: “Jesus was hoofsaaklik die voorwerp van sy Vader se wraak - die mees regverdigste en verskriklikste wraak wat daar is.”

Maar is dit werklik die evangelie van die koninkryk wat Jesus kom demonstreer het? Het Jesus werklik gekom om God se geregtigheid en toorn te bevredig, sodat ons gered word van ‘n gewisse dood deur ons hemelse Vader? Is ons deur Satan en ander bedrieg om die moord van Jesus op God te plaas, om ons eie toorn en vyandigheid teenoor God weg te steek, onsself te bevry van ons eie skuldige gewete, en om ons eie sin vir geregtigheid te bevredig?

Identiteitsoorlog

Identiteitsoorlog is ‘n pad na selfontdekking.  Dit is ‘n uitnodiging om jou waardestelsel slegs vanuit ‘n konteks van verhoudings te ontdek.

Kruis-Belewenis Ondersoek die Kruis

Waarom die Kruis en wie benodig dit?
Waaom word die Kruis benodig vir ons redding?
Is die toorn van God deur die dood van sy Seun bevredig?
Wat is God se geregtigheid en verskil dit van ons geregtigheid?
Waarom het Jesus Homself met 'n bronsslang vergelyk?
Wat leer ons by die Heiligdom van Israel omtrent die kruis?

Lewenskwessies

In hierdie boek beskryf Adrian Ebens die kanaal van seën, wat vanuit God, die bron van alles wat lewe, vloei; ‘n kanaal wat slegs behoue kan bly deur een baie spesifieke sleutelbeginsel: onderdanigheid. Die liefdesverhouding tussen God en Sy Seun, wat duidelik openbaar word in die vrywillige onderdanigheid van die Seun aan die Vader, is die goddelike beginsel waarsonder hierdie seën nie kan bestaan nie.

My Beminde

Ek hoor Sy voetstappe, my pols versnel in afwagting. Ek hoor Sy stem soos die geluid van baie waters. Dit is soos ‘n lieflike balsem vir my siel. My Beminde roep. Kan dit ek wees vir wie Hy roep? Hoe kan sulke kosbare hoop in my hart gekoester word? Waaruit onstaan hierdie idee? Waarom moet ek waardig beskou word om Sy aandag te ontvang – hierdie magtige Prins,

Beminde Seun van die Vader?

Met ego’s uit die Heiligdom, Hooglied van Salomo, and Die Christen se Reis na die Ewigheid word die reis van een man nagespoor deur hindernisse, moeilikhede, toetse en uitdagings, om alles te verkoop ter wille van wat hy ontdek – om verlief te raak op Jesus, die Seun van die Vader.

Trooster

Adam moes 'n besluit neem toe sy vrou die vrug na hom gebring het. Hy het sy Meester verwerp deur haar te volg en van die vrug te eet.

Wie sou nou sy bron van vertroosting word?

Vader van Liefde

Sal God mense veroordeel en terselfdertyd ook opdrag gee om ander nie te oordeel nie, maar om hulle onvoorwaardelik lief te hê? In Joh. 14:9 sê Jesus: “Hy wat My gesien het, het die Vader gesien.” Het Jesus ooit iemand veroordeel? Jesus raai ons almal aan om ons oë te salf met Sy geestelike oogsalf sodat ons beter kan “sien” (Open.3:18). Dus, wanneer ons die Bybel deur hierdie nuwe oë lees, word die sluier van vrees en veroordeling weggeneem (2 Kor. 3:14-16). Wanneer die ware karakter van ons hemelse Vader geopenbaar word deur die Gees van Sy Seun, begin ons sien dat God 'n nie-veroordelende Vader is wat ons altyd liefhet met sy hele hart en met sy hele siel en met al sy krag.

Versoening

Watter stappe moet geneem word om in volkome harmonie met God te kom?

Vereis God dat bloed gestort moet word voordat Hy ons kan vergewe?

Het God Sy Seun laat doodmaak om ons sondeskuld te betaal?

Waarom het Jesus Homself vergelyk met die verheffing van ’n slang?

Wat is die betekenis daarvan dat Moses die Rots geslaan het terwyl hy beveel was om daarmee te praat?

As die mensdom deur Satan gevange geneem is, wie bepaal die losprys vir ons vrylating?

Is Strafvervanging nodig vir redding? Moet Iemand in jou plek sterf om vir jou sondes te betaal?

Is die dood aan die kruis ’n Plaasvervangende Versoening vir ons sondes?

Verkondig die Christelike kerke die volledige  waarheid van Versoening?

Volgens Jou Oordeel

Oordeelsdag! Die meeste kulture regoor die wêreld het 'n beginsel dat almal 'n oordeel in die gesig staar vir die dinge wat hulle in hierdie lewe gedoen het. Jesus Christus bied 'n eenvoudige beginsel om hierdie oordeelsproses te verduur:

"Moenie oordeel nie, sodat julle nie geoordeel word nie." Matthéus 7:1.

Hoe sal dit wees om in 'n koninkryk te woon waar jy ophou om ander te oordeel? Hoe is dit moontlik? Ons oordeel voortdurend mense se voorkoms, lengte, gewig, vaardighede. Ons oordeel mense op grond van hul velkleur, hul godsdienstige verbintenis, hul sosiale status, hul inkomste en hul intellek.

Waar kan ons die ideale voorbeeld vind van iemand wat nie oordeel nie, sodat ons hierdie voorbeeld kan volg?

"Julle oordeel volgens die vlees. Ek oordeel niemand nie." Johannes 8:15