vadervanliefde.com

Eerste Ligstrale

gepos Okt 14, 2018 in Oorsig van boeke
2,066 Hits

Ek het  wakker geword in die middel van die nag as gevolg van ‘n bekommernis – issues wat my adrienalienvlakke verhoog het, selfs gedurende die kosbare ure van rus in die nag. Ek het ‘n paar indringede vrae gehad.  Ek is blootgestel aan leringe van AT Jones, EJ Waggoner and Adrian Ebens. Sommige details daaromtrent het nie sin gemaak nie en dit het my geweldig gepla. Hier en daar het die nuwe insigte deurgebreek na my dowwe verstand soos ligstraaltjies deur donker wolke, soos wat die kosbare boodskappe begin sin maak het – boodskappe omtrent die wet van God wat parallel loop aan die liefde van God.

Nou, in die stil middernagtelike ure, het ek weer die boek van Adrian, met die titel My Beminde, opgeneem en voortgegaan om te lees waar ek die vorige aand opgehou het.

Toe ek die gedeelte van die Vader bereik, met ‘n beskrywing van die Vader van Liefde, het daar weer ‘n paar kosbare nuwe ligstrale van insig te voorskyn gekom vanuit die bladsye van die boek. WOW! Ek het opgestaan uit die bed (ek wou nie my man pla nie) en deurgebeweeg na die sitkamer waar ek gaan sit het om die nuwe insigte, wat my gedagtes en my siel deurdrenk het, te bepeins. IS DIT die God wat ek dien? ‘n God van sulke aanvaardende liefde en genade? Is Hy werklik gewillig om my – as ‘n dogter van Adam, ‘n sondares - te verloof aan sy kosbare Seun, sodat ek ‘n kind van die Oue van Dae kan word?  Sodat ek die karakteristieke eienskappe van die Vader van Liefde kan ontwikkel?

Dit was net te veel vir my om te verwerk.  Ek het op en af in die sitkamer begin geloop.  Ek het die HERE gevra om liewer hierdie nuwe ligstrale te versag, want dit is net te veel vir my – my geestelike oë is amper “verblind” deur hierdie nuwe insigte…

Die volgende oomblik het ek nie geweet wat ek in die sitkamer doen in die middel van die nag nie. Ek kon nie onthou wat ek gelees het wat soveel opwinding gebring het om my sover te kry om uit ‘n warm bed te klim. Stadigaan het die details van die boek My Geliefde teruggekeer, asook my angs omtrent die nuwe ligstrale, en die versoek wat ek aan God gebring het om hierdie nuwe insigte te versag… en ek het besef dat die nuwe lig TOTAAL UITGEDOOF is!  Ek het op my knieë geval toe ek besef dat ek glad nie sonder hierdie nuwe insig kan leef nie.  Ek benodig hierdie ligstrale, want dit bevat lewe wat ek benodig om self te kan voortgaan met my lewe.  Ek het God gesoebat om die kosbare nuwe ligstrale aan my gedagtes en hart terug te bring… Hy het genadiglik hierdie versoek toegestaan, en ek kon duidelik weer die sterk indrukke omtrent die liefde van die Vader deur my hele wese laat spoel, op ‘n manier wat ek nog nooit ondervind het nie. Ek was verheug daarin!  Ek het myself verbly in hierdie pragtige wete wat soos ‘n sterk ligstraal geskyn het vanuit die hemel tot waar ek gesit het.

‘n Nagedagte:  Kan dit wees dat my tekort aan geloof in ‘n liefdevolle Vader verooraak het dat ek teruggedeins het van hierdie noue ondervinding met God?  Is dit moontlik dat ek ‘n totale wanbegrip het van God se liefde en aanvaarding en die waarde wat Hy op my plaas?

Hierdie ondervinding het my insig gegee in die sensitiwiteit betrokke by die verkondiging van die kosbare laaste boodskappe van die Vader van Liefde aan sy mense op aarde. Ek het besef dat ‘n goed-ontwikkelde bybelstudie nie die hartsondervinding kan bied wat God beplan vir die mens wat soekend is na die hart van God ne. Maar die weg kan uitgewys word aan hierdie soekers na waarheid. Leiding kan gegee word aan mense wat verblind is deur vooropgestelde idees wat nie hul oorsprong in die Bybel het nie.

Ek is dankbaar en ek verheug my oor hierdie openbaringe aan my hart, gestuur deur die Heilige Gees, soos kosbare ligstrale.  Ek vertrou die HERE vir meer insig omtrent sy liefdevolle goedertierenheid aan my.