Identiteitsoorlog

Hoofstuk 1:   Die Duracell Boom

Die kamer was sag belig.  Op een van die mure was daar ‘n paar plakkate, ‘n foto van ‘n musiekpopster en ‘n ander van ‘n sportman wat dikwels gedien het as ‘n venster na ‘n verwagte realiteit. Langs ‘n ander muur was daar ‘n tafel met ‘n paar skoolboeke op, maar die sentrale kenmerk van die tafel was die klein maar kragtige hoëtroustel.  Dit was duidelik die kamer van ‘n tiener wat al die tekens getoon het van ambisie, onstuimigheid en, ja, drome.

‘n Enorme stryd het in my hart gewoed, ‘n stryd van bestemming, ‘n oomblik van waarheid.  “Ek het nooit gedink ek is tot so iets in staat nie”, het ek gemompel terwyl ek na die vloer staar.  Ek het hoe ek myself sien, ernstig bevraagteken.  Die stryd was so erg dat ek vertroosting in die plakkate gesoek het, wat maar altyd in die verlede moes help om my gedagtes af te trek van die oes wat ek nou maai.

‘n Gevoel van desperaatheid het van my besit geneem.  Om my versteurde gedagtes te stabiliseer, het ek myself begin evalueer in terme van akademie, atletiek, geartikuleerdheid, as sommige van die kentekens wat ek as vashouplek wou gebruik, maar nou nutteloos was om my te help.  ‘n Mislike wolk het op my neergedaal en my ambisie verpletter.  Hierdie wolk het die mees heilige plek van die hart ontbloot en die skat is gesteel, en eis die mees heilige vertrek – hoop. Ek het my moeder aangespreek op ‘n manier wat ek myself altyd voorgeneem het om nooit te doen nie.  Dit was die laaste strooi wat my laat besef het dat ek nie die persoon is wat ek wil wees nie.  Ek het nie van myself gehou nie, en wou verander, maar het hopeloos gelyk.

Depressie.  Depressie is die enkel grootste vloek wat ons gemeenskap vandag teister.  Die Wêreldgesondheids-organisasie verklaar:

Depressie is die hoofoorsaak van swak gesondheid en gebreksafwykings wêreldwyd.  Meer as 300 miljoen mense lewe nou met depressie, ‘n toename van meer as 18% tussen 2005 en 2015.”[1]

Probeer om die enormiteit van die probleem vas te vang in die volgende statistieke van 2011:

1 miljoen selfmoorde elke jaar

Een sterfte elke 40 sekondes of 3000 per dag

Vir elke indiwidu wat sy/haar lewe neem, is daar ten minste 20 wat ‘n poging daartoe aanwend.  Dit is 60,000 per dag.

Die selfmoordsyfer wêreldwyd het met 60% opgegaan oor die laaste vyf dekades – hoofsaaklik in industriële nasies.

60% van alle selfmoorde kom voor in Asia en Sjina.  40% van alle selfmoorde kom voor in Indië en Japan, volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie.[2]

 

Wat op aarde gaan aan?  Hoekom is die lewe so neerslagtig dat miljoene mense verkies om liewer dood te gaan as om nog ‘n dag te moet oorleef?

In sy boek, The Mind Game, gee Phillip Day hierdie onthullende uittreksel:

“’n Familie wat omgee het in vroeër tye saamgekom om die familielid wat deur depressie gaan, te bemoedig en om probleme te probeer oplos ….  Vandag, met die verbreking van die familie eenheid, die verkleinering van godsdiens, en die skeiding van baie families as gevolg van die veeleisende 21ste eeuse lewenstyl, het psigoanalise eenvoudig die taak van raadgewing oorgeneem wat gewoonlik uitgevoer was deur die familielede of die plaaslike predikant.  Ek is daarvan oortuig dat hierdie ‘n vernietigende effek op ons samelewing het.”[3]

Philip Day lys drie faktore: (1) Die verbreking van die familie-eenheid; (2) Die afbreking van godsdiens; (3)  Die skeiding van baie families van mekaar as gevolg van die veeleisende pas van die 21ste eeuse leefstyl,  maar die kritiese faktor is egter die verbreking van die familie-eenheid.

David Van Biema, wat oor hierdie onderwerp kommentaar lewer, sê die volgende:

“ ’n Unieke generasie het tot volwassenheid gekom, een waarin miljoene gekenmerk is deur ‘n diep en vroeë hartseer.  Hulle is die kinders van egskeiding.  Hulle is net die voorste gelid van ‘n skynbaar eindelose aaneengeslote menigte.”[4]

Jim Conway in sy boek Adult Children of Legal and Emotional Divorce gee ‘n lewendige beskrywing van die pyn en verlies van duisende as gevolg van ‘n (wettige of emosionele gebroke familie) gebroke familie – óf wettig, óf emosioneel.  Een van die hoof-eienskappe wat hy beskryf, is dié van onsekerheid en die konstante vraag na “Wie is ek” en “Is ek werd om liefgehê te word.”[5]

 Hierdie vrae lei tot die oorsprong van die mens se dilemma – ‘n gevoel van erkenning.  Gee iemand werklik om vir my?  Is ek enigiets werd?  Hoe het hierdie vrae in die mens se psige ontstaan?  Kom ons gaan terug na die begin om die vraag te antwoord.

Eva het skielik haarself bevind waar sy staar na die verbode boom.  “Hoekom het God ons verbied om van die boom te eet?” het sy gewonder.  Die vrug het so aanloklik gelyk, haar na vore gewink.  Skielik het sy ‘n stem vanuit die boom gehoor.

Satan, wat sy geleentheid gesien het, het haar verlei deur die medium van ‘n slang; “Het God regtig gesê, ‘Julle mag nie eet van al die bome van die tuin nie?”[6] 

Satan is besig om Eva uit te lok deur middel van debatsvoering en om twyfel in haar gemoed te saai oor die letterlikheid van God se Woord.  In die gebied van debat en logika, is Eva geen gelyke teen Satan nie.  Voeg daarby die onbekende wapens van misleiding en duisternis, en die debat sal verwoestend kort wees sou Eva gewillig wees om betrokke te raak.

“Van die vrugte van die bome in die tuin mag ons eet, maar van die vrugte van die boom wat in die middel van die tuin is, het God gesê, “Julle mag daarvan nie eet nie en dit nie aanraak nie, anders sal julle sterwe.”[7]  Eva het die uitdaging aanvaar deur die woorde wat God gespreek het, te herhaal, maar is nou diep in die moeilikheid.  Haar eie nuuskierigheid, saam met die openingsuitdaging van Satan, het haar onvoorbereid gemaak vir sy verstommende woorde “Julle sal gewis nie sterwe nie.”[8]

Was jy al ooit in gesprek met iemand in ‘n “vriendelike” debatsvoering en gevoel dat jy redelik in beheer was van die situasie totdat jou opponent iets kwytraak van die “linkerkantse veld”.  Iets wat jy glad nie verwag het nie, iets wat ‘n stok steek in die goed geoliede rat van jou brein en dit tot ‘n halt roep?  Nie dat enigiets wat hulle gesê het soseer diepsinnig of verlig is nie, maar jy het nie verwag dat dit van hulle sou kom nie.  Die moontlikheid dat hulle so iets so onbeskroomd en blatant sou sê, het net nooit by jou opgekom nie.

Satan, wat agtergekom het dat hy sy prooi immobiliseer het met verwoestende presisie, het die finale doodslag gegee. “…. maar God weet dat as julle daarvan eet, julle oë sal oopgaan, sodat julle soos God sal wees deur goed en kwaad te ken.”[9]

Hierdie paar verse is soos om deur ‘n klein dorpie te ry, jou oë te knip en verby te wees.  Die konsep wat Satan aan Eva voorgestel het, bevat die saad van die vloek wat nou al die kinders van Adam teister – die stryd vir erkenning.  ‘n Konsep wat so bevrydend klink bevat die essensie van die kettings wat die menslike siel verslaaf in ellende en duisternis.  Klink dit na oordrywing?  Bly by my terwyl ons hierdie aspek, “Jy sal sekerlik nie sterwe nie”, ontrafel en kyk na die vrugte en die rol wat die tergende vrae veroorsaak, “Gee enigiemand om?” en “Is ek werd om liefgehê te word?”

Ek onthou toe ek agt jaar oud was, het my suster ‘n pop gekry wat huil en lag en selfs melk drink.  Dit het gebeur deur net ‘n paar batterye in haar rug te druk.  Dit het my suster ure se plesier verskaf.  Die gehuil van die pop het my siel so versondig, dat ek later die pop vir die hond as kos wou gee, maar het my later bedink want ek wou nie hê dat sy ontroosbaar moes begin huil nie.  Hierdie baba het lewe gekry deur eenvoudig twee batterye in haar rug te plaas, en dit is presies wat Satan aan Eva wou tuisbring.  “Eva, jy hoef nie bekommerd te wees oor wat enigiemand anders sê nie, jy het lewe in jouself.  Jy kan doen net wat jy wil en geen kwaad sal oor jou kom nie, want jy het lewe in jouself.  Jy sal sekerlik nie sterwe nie en solank jy net terugkom na hierdie boom om jou batterye te herlaai, sal dit goed gaan met jou.”

Verbeel jou ‘n 18 maande oue baba sê vir sy ouers, “Ek dink ek kan dit maak op my eie, ek het nou net met die tuindwergie agter in die tuin gepraat en hy het gesê dat ek lewe in myself het wat my aan die lewe sal hou en aan al my behoeftes sal voorsien, so baie dankie vir al julle hulp, miskien sal ons mekaar weer eendag raakloop.”  Dit is presies wat met Adam en Eva gebeur het in die tuin.  Die konsep van jy sal sekerlik nie sterwe nie, het hulle sin van afhanklikheid van hulle hemelse Vader afgesny.  Dit het die fondasie van wie hulle as individue is, aangeval.  Hulle identiteit was nou verward en gevolglik ook hulle waarde as kinders van God.  Hoekom kon Adam en Eva nie net hulle fout erken en terugkeer na die posisie van totale afhanklikheid van hulle hemelse Vader nie.  Ek wens dit was so eenvoudig, maar die gevolge om die konsep van jy sal sekerlik nie sterwe nie, aan te neem, omdat jy lewe in jouself het, al is dit net vir ‘n sekonde, het die onmiddellike effek dat jy verhoed word om ooit weer terug te keer na daardie oorspronklike salige toestand van gemeenskap met God.  Meer hieroor later, maar kom ons keer eers weer terug na daardie noodlottige boom.

Let op Satan se voorstel dat as hulle van die vrug eet, hulle oë sou oopgaan tot ‘n hoër staat van bestaan.  Die gevolgtrekking hier is nie net dat jy lewe in jouself het nie, maar dat die materiële heelal uit magtige objekte bestaan wat ons meer mag sal gee as ons dit bekom.  Welkom in die materiële wêreld. 

In Genesis 3:4,5 is Satan besig met grootskaalse evangelisering om bekeerlinge te wen vir sy utopiese koninkryk.  Hy het ‘n koninkryk aangebied wat mag en bevrediging aan almal belowe wat dit aanvaar.  Hierdie koninkryk is gebaseer op twee hoofbeginsels:

Jy dra lewe in jouself en is totaal onafhanklik van enige eksterne weldoener of outoriteit.

Ons omgewing bevat mense, objekte en goed, wat, sou dit besit of mee geassosieer word, ons magtiger sou maak, meer verlig en ‘n voller/gelukkiger lewe sal gee.

Deur hierdie boom van lewe het Satan ‘n battery-aangedrewe bestaan voorgestel, ‘n lewe sonder die nodigheid van ‘n eksterne weldoener of outoriteit.  Vandaar die titel van hierdie hoofstuk – Die Duracell Boom.  Satan wil ons vertel dat die selle/batterye van ons liggame vir ewig sal bestaan as ons sy filosofie van die lewe volg.

Dit is belangrik om te onthou toe Adam en Eva die vrug van die boom geëet het, daar geen inherente gif was wat hulle bevrees, sondig en rebels gemaak het nie.  Die Bybel sê vir ons die vrug was goed om van te eet.[10]  Die gif was die woorde wat Satan gespreek het.  Dit is die beginsels van sy koninkryk.  Sommige mense vra die vraag, “Hoekom moet ek ly as Adam en Eva van die vrug geëet het?”  Die waarheid is dat, elke keer as ek onafhanklik van God optree, ek van die boom eet op presies dieselfde manier as Adam en Eva, want ons het die gif van Satan geneem.  In werklikheid eet ons elke dag van die boom en ly ons aan slegte spysvertering as gevolg daarvan.

Die idee dat ons afsonderlik van God kan leef, klink nie so vreemd vir baie mense nie, maar in die volgende hoofstuk sal ons leer dat hierdie tipe denke in werklikheid selfmoord is.

 

 

[1] http://www.who.int/mental_health/management/depression/en

[2] https://www.medicalnewstoday.com/articles/234219.php

[3]Phillip Day, Introduction –

http://www.campaignfortruth.com/Eclub/100702/depressionandsuicide.htm

[4] David Van Biema, “Learning to  Live with a Past that Failed”, People, 29 May 1989, p 79

[5] Jim Conway, Adult Children of Legal or Emotional Divorce, (Monarch Publications, 1990) p. 53

[6] Genesis 3:1

[7] Genesis 3:2,3

[8] Genesis 3:4

[9] Genesis 3:5

[10] Genesis 3:6