vadervanliefde.com

Is God Good

Aangebied: Mar 01, 2020 - Apr 02, 2020
Aanbiedings: 3

Die algemene Christendom bied aan die mensdom ‘n skerp waarskuwing: Aanvaar God se genade deur Sy Seun of brand in die hel met angstige gille.

Aangebied in die dorp Young, Australië, New South Wales.

Deel 1 van 3.

Aangebied: Mar 01, 2020

In die Ou Testament word die volgende Bybelverse gegee:

"So sê die HERE van die leërskare: Ek het terdeë gelet op wat Amalek Israel aangedoen het, dat hy hom in die weg gestaan het by sy optog uit Egipte.  Gaan nou en verslaan Amalek, en julle moet met die banvloek tref alles wat hy het; en jy mag hom nie verskoon nie, maar jy moet om die lewe bring man sowel as vrou, kind en suigling, bees en kleinvee, kameel en esel." 1 Samuel 15:2-3

Dit lyk of God opdrag gegee het om die Amalekiete totaal uit te wis, met duidelike instruksies om ook die suigelinge uit te wis. Is dit werklik wie God is? Kan Hy dan enigsins soos Jesus wees?

Hoe moet ons dit verstaan?

Aangebied: Mar 14, 2020

DIe Bybel leer ons dat God die mens in 'n wêreldwye vloed vernietig het as gevolg van sy boosheid. Gen 6:7. Christendom leer ons dat God die vloed oor die aarde gebring het om potensieël miljoene mense om te bring.

Kan jy jou voorstel hoe mense angsbevange rondhardoop terwyl die God van die heelal die wat Hom weerstaan het, vernietig? Klein kindertjies wat in angs hulle laaste asem inasem; moeders wat vreesbevange hul kinders vashou terwyl hul lewens uitgepers word.

Is God  werklik hieraan skuldig? Is dit verteenwoordigend van Sy karakter? Hierdie aanbieding ondersoek die Bybelse waarheid dat sonde die aarde beïnvloed. Daarom reageer die aarde daarop. Klimaatsverandering is 'n werklikheid, maar dit is nie koolstof wat dit veroorsaak nie; dit is sonde.

Leer die waarheid omtrent die vloed wat, deur natuurlike elemente, veroorsaak is deur die mens. Lees die storie versigtig deur en ontbloot die waarheid van die onderwerp.

Aangebied: Apr 02, 2020