vadervanliefde.com

Boekies

Die Goddelike Patroon van die Lewe

Universele patrone van lewe is oral om ons. Hul oorsprong is die oorspronklike Goddelike Patroon wat afkomstig is van die Vader, deur die Seun, en word gevind op elke vlak van die lewe.

Die Innigheid van God

‘n Kampvuur-kuier klink heerlik! Wat sal gebeur as daar iemand is van wie jy nie hou nie? Daardie paar uur kan baie ongemaklik vir almal om die vuur wees. Stel jou nou voor dat jy uitgenooi word om die ewigheid saam met God om sy kampvuur deur te bring. Ongelukkig het jy soveel slegte dinge van Hom gehoor… Waarom moet jy die ewigheid deurbring met iemand wat ‘n beheervraat en kwaai is, iemand van wie jy glad nie hou nie? Wel, dit mag die slotsom wees waartoe jy gekom het omtrent God, uit wat jy van Christene sowel as nie-Christene gehoor het. Sê nou Hy is werklik ‘n Vader wat eintlik slegs die beste vir Sy kinders wil hê en naby hulle wil wees?

Die Tye van Verkwikking

Het u al ooit daaraan gedink dat God spesifieke byeenkomste in Sy woord uiteengesit het? In die Ou Testament is hierdie heilige byeenkomste moédim genoem, wat eenvoudig “Die vasgestelde tye”, of “Feeste” beteken (Levitikus 23). In die Nuwe Testament word hierdie selfde byeenkomste “Die tye van verkwikking” genoem (Hand 3:19).

“...en laat ons op mekaar ag gee om tot liefde en goeie werke aan te spoor; en laat ons ons onderlinge byeenkoms nie versuim soos sommige die gewoonte het nie, maar laat ons mekaar vermaan, en dit des te meer namate julle die dag sien nader kom.” Hebr.10:24, 25.

Die Wysheid van God

Hy wat die Seun het, het die lewe. Hoekom is dit so? Want in die Seun van God woon die suiwer hart van ’n gehoorsame Seun aan Sy Vader. Hy doen altyd die dinge wat die Vader behaag. Hy het ook die Vader se seën en diepe toegeneentheid. Die hart van die Seun rus volkome in Sy Vader se liefde.

Fontein van Seën

Betree God se Rus deur die Kanaal van Sy vasgestelde Tye.

Hoe Lees Jy?

Christus sê vir ons dat die Woord van God waarheid is. Ongelukkig is daar soveel verskillende oortuigings, en blykbaar kom almal uit die Bybel, sodat dit verwarrend mag wees. Hoe kan ons dan die waarheid ken wanneer ons oënskynlike teenstrydighede in die Bybel vind?

Die Bybel self leer ons hoe om hierdie oënskynlike probleme op te los, deur duidelike instruksies en gelykenisse. Wanneer ons die Skrif se raad volg oor hoe om die Woord van God te ontvang, dan is die manier waarop ons die Bybel lees, die bepalende faktor. Paulus raai ons aan om die Woord van waarheid reg te verdeel – hoe kan ons dit doen?

Hierdie boekie beantwoord hierdie vrae deur ‘n verduideliking van die basiese Beginsels of Reëls van  Interpretasie, soos die Bybel dit uiteensit.

Kinderleiding om die Karakter van God te Verstaan

Wat is God se ware karakter? Wat is die ware betekenis wanneer die Bybel praat van God se toorn en woede?  Het God geweld gepleeg deur die vloed te bring, ‘n vloed wat miljoene mense se dood veroorsaak het, net omdat hulle nie volgens Sy wil nie gehandel het? Het God se toorn en wraak skade berokken aan die Egiptenare deur die tien plae? Het God so geïrriteerd geraak met Sy mense dat Hy giftige slange onder hulle losgelaat het waardeur hulle gedood is?  Is dit werlik God se geregtigheid?

Hierdie is vrae waarmee ons Christenkinders gekonfronteer sal word wanneer hulle ouer word. Sal hulle gereed wees?

Kom ons maak hulle gereed!

Oorspronklike Liefde

As ons 'n God aanbid wat liefhet as gevolg van inherente eienskappe, sal ons dieselde doen.

Ons word soos dié wat ons aanskou. As ons die Seun aanbid aan Wie alle dinge gegee is en wat rus in die versekering van sy Vader se soete welwillende Agape liefde, kan ons verander word na die beeld van hierdie liefde en kan ons liefhê soos God die Seun liefhet

Ons God is Agape en in Hom is glad geen Eros liefde te bespeur nie.

Oorwinning in Kanaän

Hoe kan ons Israel se volslae vernietiging van nasies met die swaard, versoen met die woorde van Christus? Matteus 26:52 …want almal wat na die swaard gryp, sal deur die swaard omkom. Nie net mans nie, maar ook vroue en kinders: Deurteronomium 2:34 In daardie tyd het ons al sy stede verower en verwoes. Van hulle mans, vrouens en kinders het ons niemand laat vrykom nie. Het die Israeliete weklik in harmonie met die karakter van God gehandel?

Verterende Vuur

Christene glo bykans universeel dat daar net een manier is om die sonde te beëindig. Dit is om die goddelose te stuit deur 'n vurige stroom van God af te bring wat die goddelose sal verbrand.

"Nogtans het Hý óns krankhede op Hom geneem, en óns smarte – dié het Hy gedra; maar óns het Hom gehou vir een wat geplaag, deur God geslaan en verdruk was." Jesaja 53:4